Blowin' in the Wind
Bob DylanAFRIKAANS [2 - Floris Groenewald / Kabaal klankbaan] | |
VERLORE IN DIE WIND Hoeveel paaie moet een man eers loop Voor hy kan sê hy’s een man Oor hoeveel oseane moet die wit duif vlieg Voor hij kan rus in die sand Ja, en hoeveel keer moet kanonskogels nog vlieg Voor iemand dit vir ewig verban? Wil jy die antwoord vind, dit waai daar in die wind Myn vriend, die antwoord waai daar in die wind Ja, en hoeveel jare moet 'n berg eers bestaan Voordat die see dit verslind? Ja, en hoeveel jare is daar mense wat bestaan Voordat hul vryheid sal kan vind? Ja, en hoeveel keer sal 'n mens weg kan draai En bly voorgee hy is heeltemal blind? Wil jy die antwoord vind, dit waai daar in die wind My vriend, die antwoord waai daar in die wind Ja, en hoeveel keer sal 'n mens op kan kyk Voor hy weet dat die blou lug bestaan? Ja, en hoeveel ore moet 'n mens dan eers hê Voor hy kan hoor hoe val 'n traan? Ja, en hoeveel sterftes moet daar nog gebeur Voor hy weet daar't te veel reeds doodgegaan? Wil jy die antwoord vind, dit waai daar in die wind My vriend, die antwoord waai daar in die wind | WARREL IN DIE WIND Hoeveel weë moet 'n man verken voor hy die naam "man" verdien? Hoeveel seë moet 'n wit duif oorsteek voor sy die wêreld kon sien? Hoeveel skote gaan ons nog afvuur voor ons ons wapens indien? Die antwoord, my vriend, warrel in die wind. Die antwoord warrel in die wind. Hoeveel jare gaan 'n berg bestaan voor dit die see in spoel? Hoeveel jare moet mense bestaan voor hul vry kan voel? Hoeveel gesigte moet een man sien voor hy verstaan wat hul trane bedoel? Die antwoord, my vriend, warrel in die wind. Die antwoord warrel in die wind. Hoeveel keer moet 'n man opkyk om te sien hierdie wêreld is groot? Hoeveel keer gaan 'n man wegkyk en maak of hy niks weet van die nood? Hoeveel sterftes gaan dit nog verg voor ons besluit te veel mense is dood? Die antwoord, my vriend, warrel in die wind. Die antwoord is vlugtig soos die wind. Die antwoord, my vriend, warrel in die wind. Die antwoord warrel in die wind. |